Baba-tweeling by Kupferberg weggegooi
Die Namibiese polisie sê nog ‘n babastorting het plaasgevind, die een by die Kupferberg-stortingsterrein in die hoofstad. Daar word beweer dat ‘n lid van die publiek, terwyl hy op die stortingsterrein na kos gesoek het, iets in ‘n swart plastieksak, toegedraai in ‘n handdoek gevind het. Binne is twee lewelose liggame van tweeling-seuntjies met ‘n geskatte ouderdom tussen sewe en agt maande gevind. Die mag sê hy het geen verdagtes nie en doen ‘n beroep op die publiek om na vore te kom met inligting.