Amushelelo begin ‘n hongerstaking vir sy vryheid

In ‘n Facebook-plasing getiteld ‘Vryheid of Dood’ skryf die arbeidsaktivis Michael Amushelelo dat hy tot die besef gekom het dat sy lewe niks beteken nie. Hy sê as sy lewe enigiets vir enigiemand beteken het, sou daar elke dag duisende mense voor die aanhoudingselle gewees het wat sy vryheid eis. Hy sê daarom het hy geen ander keuse as om vir sy eie vryheid te baklei nie. Hy sê: As gevolg van my beperkte opsies in die tronk, moet ek ‘n onmenslike proses van selfmarteling ondergaan as die enigste manier tot my beskikking om vir my vryheid te veg. Hy het ‘n hongerstaking begin en sê hy sal aanhou daarmee tot hy sy vryheid teruggewen het. Hy vra ondersteuners om die plasing daagliks te deel.