Spanne ontplooi na Kaapse informele nedersettings

Die Stad Kaapstad sê sy rampbestuur- en frontliniespanne is steeds besig om kwesbare inwoners in informele nedersettings wat deur die dodelike storm geraak is, by te staan. Die burgemeesterskomiteelid vir Menslike Nedersettings, Carl Pophaim, sê spanne van menslike nedersettings, basiese dienste, ramprisikobestuur, en veiligheid en sekuriteit, werk onverpoosd om inwoners by te staan met die nodige materiaal, hervestiging en noodpakkies waar dit nodig is: