Rob-karkasse spoel op strand uit weens storm

Die Gestrande-mariene-diere-reddingspan het bevestig die karkasse van meer as 30 jong robbe het naby Diaz-strand in Mosselbaai in die Wes-Kaap uitgespoel. Die organisasie se woordvoerder, Val Marsh, sê die onlangse stormweer langs die Tuinroete het ‘n reuse rol hierin gespeel. Daar word bespiegel die vrektes is veroorsaak deur die onstuimige see wat hulle van die rotse op Robeiland afgespoel het tot op die vasteland. Die karkasse is intussen verwyder.