PDM-LP vra vir uitstel van SIM-kaartregistrasie
Maximalliant Katjimune, parlementslid van die Popular Democratic Movement, doen ‘n beroep op die kommunikasie-minister, Peya Mushelenga, om die sluitingsdatum vir die registrasie van SIM-kaarte uit te stel. Hy sê die lae registrasiekoers tot op hede is as gevolg van ‘n gebrek aan bewustheid onder veral mense in landelike gebiede. Katjimune het in die Nasionale Vergadering gesê daar is nie genoeg inligting oor die SIM-kaartregistrasieproses versprei nie. Hy wou ook weet of die ministerie ondersoek instel na die oorsaak van die huiwering van burgers om hul SIM-kaarte te registreer.