Oud-premier praat teen geslagsgebaseerde geweld

Voormalige premier Nahas Angula sê sowat 10 478 gevalle van geslagsgebaseerde geweld is tussen die jare 2020 en 2022 in Namibië aangeteken, soos aangedui deur koerante en statistieke. Angula het by die amptelike opening van die Readathon-week by Oniipa gesê dat vroue en meisies ‘n kommerwekkende risiko loop van geweld in byna elke ruimte. Vanjaar se Readathon-week fokus op geslagsgebaseerde geweld om leerders op te voed oor watter stappe om te neem om dit stop te sit. Angula sê dat GBV in Namibië en regoor die wêreld lewens verpletter, potensiaal versmoor en siklusse van lyding laat voortduur, “en as lesers en denkers beskik ons oor ‘n unieke hulpmiddel om hierdie kwessie reguit aan te spreek”.