Namibiese dollar val saam met SA rand

Die Suid-Afrikaanse rand, en dus die Namibiese dollar, het min verander in vroeë handel, nadat dit Dinsdag getuimel het op die rug van stygende Amerikaanse tesourie-opbrengste. Die rand het tot soveel as 1,4 persent teenoor die dollar verloor. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, gesels wat redes hiervoor deel.