Menzies sal volgende week oor sy toekoms sê
Plaaslike berigte lui dat die meer as 100 werknemers van Menzies Aviation volgende week hulle lot sal hoor met ‘n hoërhofbeslissing wat op 3 Oktober verwag word. Die maatskappy het ‘n rits hofsake gebring om verskillende aspekte van die tendertoewysing vir grond- en vraghantering by die internasionale lughawe aan Paragon Aviation, ter syde te laat stel. Volgens Emile Smith, wat die maatskappy plaaslik bestuur, is alle werknemers vir September betaal. Hy sê daar was ‘n handvol bedankings maar geen personeellid is afgedank nie. Volgens Smith sal Menzies ‘n besluit oor sy toekoms na die hofuitspraak maak.