Kommer oor meer as 5 000 SAPD-lede wat vas is vir misdaad
Die leier van die Vryheidsfront Plus, Pieter Groenewald, sê dis duidelik misdadigheid het in die polisiediens wortel geskiet. Dit volg nadat die minister van Polisie, Bheki Cele, aan die party bekend gemaak het dat 5 489 polisielede sedert die 2019/2020-boekjaar weens misdade in hegtenis geneem is. Hiervan was 383 vir ernstige misdade soos moord, verkragting en veediefstal. Groenewald sê die reg moet sy verloop neem in gevalle waar polisielede oortredings begaan: