Dodetal in ontploffing by Nagorno Karabakh sal verder styg
Die dodetal ná ʼn ontploffing by ʼn brandstofdepot in Azerbeidjan se Nagorno-Karabakh-streek sal na verwagting aansienlik styg met meer as 100 mense wat vermis word. Plaaslike Armeense owerhede sê 20 sterftes is bevestig en met 290 mense wat in die hospitaal opgeneem is. Die menseregte-ombud, Gegham Stepanyan, sê die mediese vermoë in Nagorno-Karabakh is nie voldoende om die beseerde mense te hanteer nie. Die ontploffing volg nadat die Armeense regering verklaar het 19 000 vlugtelinge het die land vanuit die enklawe binnegekom sedert plaaslike magte aan Azerbeidjan oorgegee het.