Coetzee sê Namibiërs is gereed vir vanmiddag

Namibië speel vanmiddag sy laaste Wêreldbeker-groepswedstryd in Lyon teen Uruguay sonder sy kaptein, Johan Deysel. Hy is vir vyf wedstryde geskors na die duikslag waarin die kaptein van Frankryk, Antoine Dupont, sy wangbeen gekraak het. Die Welwitschias het nog nooit ‘n Wêreldbeker-wedstryd gewen nie nadat hulle hulle vorige groepswedstryde teen Italië, die All Blacks en die gasheer, Frankryk, verloor het. Afrigter Allister Coetzee sê hulle sien uit na die wedstryd: