Biden sê UAW-lede verdien verhogings

Die Amerikaanse president Joe Biden het Dinsdag by stakende motorwerkers aangesluit in Detroit, Michigan in wat die Withuis sê ‘n historiese eerste vir ‘n sittende Amerikaanse president was. Die 80-jarige Demokraat het ‘n vakbond-bofbalpet gedra en ‘n megafoon gebruik om werkers van die United Auto Workers vakbond toe te spreek. Hy het gesê hulle verdien die aansienlike salarisverhoging wat hulle nodig het en hulle aangemoedig om aan te hou veg vir beter lone. Die werkers eis ‘n 40 persent salarisverhoging en daar is kommer dat ‘n lang staking die ekonomie ‘n knou kan gee.