Beleggingsraad sê New York-besoek was reuse-sukses

Namibië se raad vir beleggingsbevordering en ontwikkeling sê hy het ‘n reeks suksesvolle aktiwiteite op die kantlyn van die pas-voltooide Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies aangebied. Die raad het paneelbesprekings aangebied wat besondere klem op die hernubare energie- en onderwyssektore gelê het. By die ankergeleentheid met die tema “Belê in Namibië” het leiers van die openbare en privaatsektor potensiële beleggers betrek en inligting gedeel oor Namibië se beleggingsomgewing. Beleggers is ook ingelig oor die geleenthede beskikbaar in die prioriteitsareas van olie en gas, groen waterstof en mynbou. Die raad se senior kommunikasie-bestuurder, Catherine Shipushu, vertel meer.