AfriCat onttrek sy hoërhofsaak teen ministerie oor aanhouding van diereSeptember 27, 2023

Die AfriCat-stigting het die saak waar hy die omgewingsminister en die prokureur-generaal hof toe gesleep het oor nuwe regulasies vir die aanhouding van groot karnivore in gevangenisskap, onttrek. Die regulasies is in September verlede jaar in die staatskoerant gepubliseer en reguleer die aanhouding van die diere. AfriCat het verskeie bepalings uitgedaag, wat sterilisasie van die diere, hulle verskuiwing, sowel as benutting vir toerisme ingesluit het. In sy eis sê die stigting hy het hom nog altyd beywer vir die bewaring van wilde diere sowel as die bekamping van mens-dier-konflik maar, dat die nie altyd moontlik is om diere, wat hy verwyder het, vry te laat nie. Hy sê hy het sewe jagluiperds, twee leeus en twee luiperds in gevangenisskap maar het meer as 1 000 jagluiperds tussen 1993 en 2010 gevang en verskuif om konflik met boere te vermy. Regter Esi Schimming-Chase het ‘n statusverhoor vir vandag neergelê om te bepaal watter bevele uitgereik moet word ingevolge die onttrekking van die saak.