Rassie beskou Tonga as ‘n gedugte teenstanderSeptember 26, 2023
Rugby: Daar woed ʼn groot stryd in Groep B van die Wêreldbekertoernooi, met die Springbokke, Ierland en Skotland wat sake uitspook vir ʼn plek in die uitspeelrondes. Die Bokke speel Sondag in Marseille teen Tonga, en hulle beheer steeds hulle eie lot. ʼn Bonuspunt-oorwinning oor Tonga sal Skotland onder druk plaas wanneer hulle volgende naweek in Parys teen Ierland te staan kom. SA Rugby se direkteur van Rugby, Rassie Erasmus, maak dit egter duidelik Tonga is ʼn moeilike teenstander.