Namibië het ‘n kans teen Uruguay

Namibië se hoofafrigter Allister Coetzee het sy span vir môre teen Uruguay aangekondig. Johan Deysel sal die wedstryd uitsit na sy rooikaart teen Frankryk. Daar is sommige menings dat die Namibiërs baie goed in die wedstryd kan vaar, en moontlik selfs ‘n oorwinning kan aanteken. Die span draf net voor ses môre namiddag uit. Oudspeler Johan Zaayman het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.