Ekandjo se wysigingswetsontwerp op huwelike goedgekeurSeptember 26, 2023

Die mosie oor ‘n wysigingswetsontwerp op huwelike wat deur die Swapo parlementslid Jerry Ekandjo by die Nasionale Vergadering ingedien is, is goedgekeur. Dit kom na die mosie verskeie male bespreek sou word, maar dit nie gebeur het nie. Die wetsontwerp, wat ‘n “eggenoot” definieer om die erkenning van selfdegeslaghuwelike te omseil, sal nou aan president Hage Geingob gestuur word vir finalisering. Ekandjo het in die parlement gesê hy stem ten volle saam met die wysigings.