Sophia Loren ondergaan operasie na ‘n val

Die Oscar-bekroonde Italiaanse rolprentster Sophia Loren het ’n operasie ondergaan ná ’n val in haar huis in Genève. ’n Woordvoerder sê die operasie op die 89-jarige Loren het goed gegaan. Hy het geen besonderhede gegee nie, maar gesê dat Italiaanse mediaberigte korrek is. Volgens die berigte het sy Sondag per ongeluk in haar huis in Genève geval en ‘n heup gebreek.