Shifeta wil handel dryf met rensoterhoring, ivoor voorrade

Die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta sê daar word ondersoek ingestel oor hoe die land voordeel kan trek uit sy voorraad renosterhorings en ivoor, ten spyte van die handelsverbod op die produkte. Shifeta sê die bewaring van renosters is uiters duur en met privaatgrondeienaars wat namens die staat swartrenosters bewaar, moet daar ‘n voordeel wees wat op die oomblik besig is om te kwyn. Shifeta sê volhoubare benutting van natuurlike hulpbronne sluit handel in renosterhoring en ivoor in. Dit is nie die eerste keer dat die regering haaks is met die Cites-konvensie, wat ‘n verbod op handel in die produkte geplaas het, is nie.