Onderwys-ministerie antwoord op werklose onderwysers se eise

Die waarnemende uitvoerende direkteur in die onderwys-ministerie, Knox Otto Imbuwa, sê die algehele werwing van onderwysers in die staatsdiens is volgens die diskresie van die eerste minister as die werkgewer, op aanbeveling van die staatsdienskommissie. Dit kom na eise deur werklose onderwysers in die Kavango-wes- en oos-streke vir massawerwing met onmiddellike effek. Die onderwysers het ook geëis dat onderhoude afgeskaf word. Imbuwa sê die ministerie is verplig om sy personeel te werf in ooreenstemming met toepaslike wette en beleide. Hy voeg by dat die meerderheid onderwysstudente gradueer in spesialiseringsrigtings wat reeds versadig is, wat ‘n ooraanbod van onderwysers in sekere studierigtings skep.