Nudo eis dat Hage om verskoning vra oor volksmoord aanmerking
Kritiek teenoor president Hage Geingob se aanmerkings oor die volksmoord, duur voort. Hy het in New York gesê apartheid was baie erger. Dit het selfs gelei tot betogings buite die VN se hoofkwartiere. Nou sê Nudo dat hy eis dat Geingob om verskoning vra. Die sekretaris-generaal van die party, Joseph Kauandenge sê Geingob probeer die internasionale gemeenskap paai ten koste van 100 000 mense wat deur Duitsland vermoor is. Kauandenge sê die president moet meer sensitief optree.