Nog twee weke vir ANC-takke om kandidate aan te wys

ANC-takke is uitstel gegun om hulle kandidate vir die 2024-verkiesing aan te wys. Die vorige spertyd is van September tot die 15de Oktober verskuif. Slegs 46 persent van die party se takke het aanvanklik vergader, met vertragings wat toegeskryf word aan takke wat nie behoorlik saamgestel is nie. Die ANC se verkiesingskomitee is nou optimisties die verlenging van die spertyd sal ‘n geslaagde kandidaatsbenoemingsproses verseker. Die komitee se sekretaris, Livhuwani Matsila, sê die uitstel sal hulle ook help om beter vir die veldtogprosesse voor te berei: