Niks fout met honderasse nie, dis telers
Lede van die publiek doen op sosiale media ‘n beroep om ‘n onmiddellike verbod op pitbull-honde as troeteldiere in Namibië in te stel ná verskeie berigte van pitbull-aanvalle in die land. In die jongste geval is ‘n 44-jarige man dood toe ses pitbulle hom Sondagoggend in Oshakati aangeval het. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiese Dierewelsynsvereniging se voorsitter, Heather Creamer, gepraat wat sê die probleem is nie die honde nie, maar onwettige telers.
Intussen het die Namibiese polisie geen bevestiging gegee of die man deur pitbull-honde of Rottweilers doodgebyt is nie. Sommige berigte lui dat dit wel Rottweilers was.