Mediawerkers se uitdagings onder loep by Nampu

Die Namibiese mediawerkersvakbond Nampu sê in ‘n verklaring dat uitdagings binne die bedryf vererger het, en dit laat joernaliste kwesbaar vir uitbuiting en mishandeling. Nampu het uitgereik na die Verenigde Nasies se menseregteraad en die spesiale rapporteur oor menseregte om hul ondersteuning en kundigheid in die verband te benut. Kosmos 94.1 Nuus het met Jemima Beukes, waarnemende sekretaris-generaal van Nampu gepraat, wat meer deel.