Maties se sakeskoolhoof moet bedank, kry nie visum nie

Die direkteur van die Sakeskool van die Universiteit Stellenbosch, Mark Smith, het sy bedanking aangekondig weens visum-verwante uitdagings vir sy gesin. Die universiteit se dekaan van Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Ingrid Woolard, sê Smith sal tot die einde van Oktober nog die pos beklee om ‘n behoorlike oordrag moontlik te maak. Smith lei die Sakeskool van 2020 af. Hy sê hy gaan nuwe geleenthede in bestuursonderwys in Europa ondersoek.