Kanada vra weer Indië se hulp met Sikh-sluipmoord

Kanadese minister van verdediging, Bill Blair, het ‘n beroep op die Indiese regering gedoen om saam te werk aan die ondersoek na die sluipmoord op Sikh-leier, Hardeep Singh Nijjar. Volgens Blair is dit belangrik verby geloofwaardige intelligensie beweeg na bewyse van presies wat gebeur het. Blair het die beroep gedoen te midde van ‘n diplomatieke herrie tussen Kanada en Indië nadat die Kanadese premier Justin Trudeau Indiese regeringsagente daarvan beskuldig het dat hulle agter die moord op Sikh-leier Nijjar op Kanadese grond is.