Eskom skort beurtkrag op na oorstromings

Eskom het aangekondig dat weens die wydverspreide skade aan kraginfrastruktuur wat deur oorstromings in die Wes- en Oos-Kaapse kusgebiede veroorsaak is, beurtkrag in die gebiede onmiddellik opgeskort word. Dit is om te verseker dat tegniese spanne kragtoevoer veilig kan herstel. In alle ander gebiede sal fase drie-beurtkrag tot verdere kennisgewing voortduur. Eskom sal ‘n aankondiging doen indien die situasie beduidend verander.