Dwelmverspreiders teiken kinders al meer

Twee verdagtes wat glo dagga-kolwyntjies aan 90 leerders van die Primêre Skool Pulamadibogo verkoop het, is verlede week in Suid-Afrika aangekla van poging tot moord. Leerders is Woensdag na die voorval in die hospitaal opgeneem. Hoofinspekteur Elifas Kuwinga van NamPol het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en gesê sulke misdade bly ontwikkel, en dit gebeur ook in Namibië. Die jeug, meestal skoolgaande kinders, word geteiken.