Dreams-projek help meer as 100 000 jong Namibiese vroue

Meer as 100 000 wees- en kwesbare jong vroue uit verskeie streke in Namibië het gebaat by die Verenigde State se presidensiële noodplan vir vigsverligting, of die Dreams-projek, ter waarde van 527 miljoen Namibiese dollar. Die pas geëindigde program is in 2018 bekendgestel met ‘n omvattende, multi-sektorale pakket van intervensies wat daarop gemik is om die voorkoms van MIV onder adolessente meisies en jong vroue in ontwikkelende lande te verminder. Tiffany Miller, woordvoerder van die Amerikaanse ambassade in Windhoek, het verduidelik dat 95 persent van begunstigdes deur die program hul MIV-status ken, 100 persent op antiretrovirale terapie is en 96 persent hul virale lading onderdruk het.