August 26-hoofde hoor die week oor N$2,5m-ondersoek
Plaaslike media berig dat die besturende direkteur van August 26 Salatiel Ntinda en die maatskappy se finansiële bestuurder Karel Nel die week die uitslag van die ondersoek teen hulle sal hoor. Die twee was ondersoek in verband met die verdwyning 2,5 miljoen Namibiese dollar. Die Engelse dagblad The Namibian berig dat die dissiplinêre verrigtinge verlede week voltooi is. Die twee is in Junie geskors nadat daar bevind is die fondse is sonder enige goedkeuring oorbetaal aan Penda Enterprises. Die adjunk-uitvoerende direkteur in die ministerie van verdediging, Petrus Nathinge is ook as voorsitter van die raad in Junie verwyder nadat daar bevind is hy was deel van die transaksie. August 26 is die kommersiële vertakking van die Namibiese-weermag. Die is nie die eerste keer wat die maatskappy twyfelagtige transaksies het nie en hy kom gereeld onder skoot omdat hy met openbare fondse werk maar weier om rekenskap te doen oor sy besteding. The Namibian berig dat kriminele klagte oorweeg word.