Amper-amper ‘n ooreenkoms in Hollywood
Hollywood se groot rolprent- en televisie-ateljees en stakende skrywers het Sondag ‘n voorlopige ooreenkoms bereik ná dae se uitmergelende onderhandelings. Die Skrywersgilde van Amerika sê egter die voorlopige ooreenkoms beëindig nie die rekord vyf maande lange staking onmiddellik nie, aangesien dit nog deur sy meer as 11 000 lede bekragtig moet word. Lede sal wel ophou staak, maar word aangemoedig om by die 160 000 lede van die SAG-AFTRA-akteursvakbond aan te sluit, wat middel-Julie begin staak het. Beide Hollywood-stakings was uitgerek en duur, met ‘n landwye ekonomiese impak van meer as 93 miljard Namibiese dollar.