Moenie speletjies speel met die Oekraïne nie, sê PousSeptember 24, 2023

Pous Franciskus het voorgestel dat sommige lande met die Oekraïne “speletjies speel” deur eers wapens te verskaf en dan te oorweeg om uit hul verpligtinge te wurm. Franciskus het gepraat na ‘n reis na die Franse hawestad Marseille. Hy het gesê hy voel ‘n mate van frustrasie omdat sy vrederpogings nie gewerk het nie, en toe lukraak oor die wapenbedryf en die oorlog begin praat. Hy sê dit lyk vir hom dat die belange in die oorlog nie net dié is wat verband hou met die Oekraïens-Russiese probleem nie, maar met die verkoop van wapens en die handel van wapens. Hy het bygevoeg dat daar nie speletjies gespeel moet word met mense se martelaarskap nie, maar dat hulle gehelp moet word om dinge op te los.