GirlUp brei uitreik-aksies na behoeftige meisies uit
GirlUp beplan tans ‘n inisiatief in die Omaheke-streek om sanitêre doekies aan behoeftige meisies te skenk, veral omdat skole eersdaags gaan begin. Uitdagings met ’n tekort aan sanitêre doekies, veral vir skoolgaande meisies, is wyd bekend in Namibië. Duisende skoolmeisies word gedwing om vir ‘n paar dae tuis te bly omdat hulle nie die doekies kan bekostig nie. Die uitdaging kom regoor Afrika voor. Kenia het onlangs gratis sanitêre doekies vir skoolmeisies aangekondig, maar in Namibië is slegs belasting op die produk opgehef. Kosmos 94.1 Nuus het met Joy Pohno van GirlUp gesels oor hul planne.