Ou grondeise-kwessies moet spoedig opgelos word
Die buurland se adjunkpresident, Paul Mashatile, dring aan op die spoedige oplossing van kwessies met grondeise. Hy het in reaksie op vrae in die Nasionale Vergadering opgemerk daar is vanaf Junie 5 407 grondeise uit die ou bedeling nog uitstaande. Die regering het verskeie ingrypings aanvaar om grondhervorming te bespoedig, insluitende die Wetsontwerp op Onteiening en die Wetsontwerp op die Grondhof. Hierdie pogings moet die gebruik van grond, waardasie en vergoeding reguleer, terwyl grondbehoeftes vir menslike nedersettings en ekonomiese ontwikkeling voorrang sal kry om ruimtelike patrone te verander en maatskaplik-ekonomiese vooruitgang te bevorder. Mashatile verwag hierdie maatreëls sal eise uit die ou bedeling vinniger oplos.