Gebaretaal kry dalk gou erkenning
Die sekretaris van die Nasionale Vergadering, Lydia Kandetu, het die Namibiese nasionale vereniging van dowes vandeesweek verseker dat hul eise vir die erkenning van gebaretaal die nodige aandag sal geniet. Die vereniging sê dat erkenning van die taal die gemeenskap sal toelaat om hul regte ten volle uit te oefen en baie geleenthede vir hulle sal oopmaak. Die Namibië nasionale studente-organisasie Nanso het Vrydag ‘n paneelbespreking gehou oor die bemagtiging van gebaretaal en inklusiwiteit in die onderwysstelsel. Thandiwe Ndlovu van Nanso deel meer.