EcoTraining ondersteun elke poging om renosters te beskerm
‘n Vooraanstaande veldgids opvoedkundige instelling, EcoTraining, ondersteun pogings om renosters op Wêreldrenosterdag te beskerm, wat Vrydag herdenk is. Volgens die organisasie is daar ‘n dringende behoefte aan bewaring gesien die globale renosterbevolking van minder as 28-duisend. Renosters is ernstig bedreig weens stropery, verlies aan habitat en klimaatsverandering. ʼn Woordvoerder van EcoTraining, Richard Davis, ondersteun elke poging om renosters te beskerm. Hy glo inisiatiewe soos Wêreldrenosterdag is absoluut nodig in die voortdurende stryd teen stropery en wetstoepassing asook strenger regulasies teen die onwettige handel in wild.