Bofelli skitter vir Argentinië teen Samoa
Rugby: Emiliano Boffelli het 16 punte aangeteken toe Argentinië hul Wêreldbeker-veldtog weer op koers geplaas het met ‘n gedissiplineerde en deurdagte oorwinning van 19-10 oor ‘n wisselvallige Samoa in Saint Etienne in Frankryk Vrydagaand. Die oorwinning hou die Pumas se aanspraak op die kwarteindronde lewendig, ná hul eerste poel D-nederlaag teen Engeland twee weke gelede. Samoa staar steeds ‘n opdraande stryd in die gesig om die uitklopfases te haal.