Venezuela neem beheer oor tronk met nagklub en dieretuin

Venezuela sê hy het beheer teruggeneem van ‘n berugte tronk, wat onder die beheer van die magtige Tren de Aragua-misdaadbende was. Sowat 11 000 veiligheidspersoneel is by die Tocorón-gevangenis ontplooi, wat jare lank onder die beheer van die gevangenes was. Gevangenes kon vryelik binne die gevangenis rondbeweeg. Die gevangenis was bykans soos ʼn hotel met talle geriewe, insluitende ʼn swembad, nagklub en ‘n mini-dieretuin. Die binnelandse sake-minister sê die tronk sal van voor af skoongemaak word.