Trudeau moet bewyse voorlê oor aantygings in verband met Sikh-moord

Indië het visum-dienste vir Kanadese burgers opgeskort oor beweerde sekuriteitsbedreigings teen diplomate in Kanada. Dit volg nadat Ottawa Nieu-Delhi beskuldig het dat hy moontlik agter die sluipmoord op ‘n Sikh-separatisme-aktivis sit wat in Junie op sy grondgebied vermoor is. Indië het die bewering verwerp en noem dit absurd. Kanada se eerste minister, Justin Trudeau, sê sy land wil Indië nie uitlok nie, maar hulle maak geen toegewings wat die belangrikheid van die oppergesag van die reg en die beskerming van sy burgers betref nie. Die twee nasies is belangrike sake- en sekuriteitsvennote. Trudeau kom onder skoot omdat hy nie die bewyse bekend wil maak nie… Hy het dit weer ontduik by die VN in New York.