Nog ‘n tragedie tref SA weermag

Nog ‘n tragedie het die Suid-Afrikaanse Weermag getref. Vier soldate van die 8ste Suid-Afrikaanse Infanteriebataljon in Upington in die Noord-Kaap was gister op pad na Lohatla, toe hulle vragmotor gebreek het, en deur ‘n ander vragmotor gesleep moes word. Die voertuig wat gesleep is, se band het gebars, waarna albei vragmotors gerol het, en vier soldate het onder die voertuie beland. Twee ander is ernstig beseer. Woensdag is drie duikboot-bemanningslede van die Suid-Afrikaanse Vloot dood tydens ‘n oefening buite Kommetjie in Kaapstad.