Mutorwa se ministerie gelooi oor swak toestand van regeringsverblyf

Die behuisingsonderafdeling van die werke-ministerie het in die Nasionale Vergadering onder die loep gekom oor die 8 354 regeringskwartiere wat amptelike akkommodasie aan staatsamptenare verskaf. ‘n Oudit wat deur die kantoor van die ouditeur-generaal onderneem is, het verskeie aanwysers van ondoeltreffendheid in die toekenning en benutting van die kwartiere aan die lig gebring. PDM parlementslid, Elma Dienda, het die werke-minister, John Mutorwa, hieroor uitgevra.