Maimane sê ook SARB moes rentekoers verlaag het
Build One South Africa sê die Suid-Afrikaanse Reserwebank moes die terugkoopkoers met 25 basispunte verlaag het om huishoudings te help wat maande lank sukkel om te oorleef. Die bank se monetêre beleidskomitee het besluit om dit onveranderd op 8,25 persent te laat. Die beweging se woordvoerder, Roger Solomons, sê nog probleme lê vir verbruikers voor en ‘n laer terugkoopkoers sou hulle teen verhogings in brandstofpryse en die verwagte verhoging in BTW beskerm: