Herstel van hof met 13 jaar vetraag, wat nou?
AfriForum eis antwoorde oor die 13-jaar-lange vertraging met die herstel van die landdroshof in Pretoria, wat in Oktober 2010 deur ‘n brand beskadig is. Die organisasie het ‘n versoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting by die Departement van Justisie en die Departement van Openbare Werke ingedien. Hulle versoek volledige inligting oor die brand, die herstelproses, vertragings en uitwerking-beoordelings. Charné Mostert van AfriForum het meer: