Ekandjo se wet heel week oorgeslaan in NV

Die Nasionale Vergadering sou eers Dinsdag, toe Woensdag en toe Donderdag die wetsontwerp van Swapo LP Jerry Ekandjo bespreek. Die Huis het elke keer die mosie oorgeslaan sonder enige reaksie van Ekandjo. Die dokument, wat gade definieer in ‘n poging om erkenning van selfdegeslag huwelike om te seil, het reeds deur die parlement gegaan sowel as die Nasionale Raad maar is toe verwys dat die kantoor van die prokureur-generaal. Dit is toe teruggestuur na die parlement. Ekandjo se aksie is omstrede omdat dit nie ‘n amptelike Swapo-party mosie was nie en ook omdat hy net as LP en privaatburger in die Nasionale Vergadering is. Sommige kenners meen sou die wet wel op President Hage Geingob se lessenaar kom en bekragtig word, kan daar ‘n krisis vir demokrasie ontwikkel omdat die hooggeregshof reeds sy bepaling gemaak het.