De Klerk se uitleweringsverhoor volgende week
Die omstrede prokureur Maren de Klerk, wat met die Fishrot-skandaal verbind word, se uitleweringsverhoor vind volgende week Dinsdag in die hof in die Paarl in die Wes-Kaap plaas. Hy het in Junie vanjaar verskyn en is 50 000 Namibiese dollar se borg toegestaan. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur van die Regshulpsentrum Toni Hancox gesels oor wat volgende is in die regsproses.