Dagga-kolwyntjie smouse van poging tot moord aangekla
Die LUR vir onderwys in Gauteng, Matome Chiloane, loof die vinnige inhegtenisneming van twee verdagtes wat daarvan beskuldig word dat hulle kolwyntjies wat met dagga gedokter was aan 90 leerders van die Primêre Skool Pulamadibogo verkoop het. Leerders is Woensdag na die voorval in die hospitaal opgeneem. Die verdagtes staan tereg op poging tot moord en sal volgende Vrydag weer in die landdroshof in Soshanguve verskyn. Die woordvoerder van die departement, Steve Mabona, hoop die inhegtenisneming dien as ‘n afskrikmiddel vir diegene wat betrokke is by die smous van dwelms aan leerders: