Besteding deur huishoudings styg ondanks hoë lewenskoste

Volgens die jongste BBP-verslag deur Simonis Storm het private besteding in die tweede kwartaal van 2023 met 6,8 persent toegeneem, vergeleke met die eerste kwartaal van die jaar. Dit is ondanks hoër lewenskoste en stygende rentekoerse. Huishoudings het ook voortgegaan om netto kredietleners te wees. Kosmos 94.1 Nuus het met Angelique Bock, ‘n navorsingsassistent by Simonis Storm gesels oor waar huishoudings die geld kry om te spandeer en of dit ‘n probleem is.