Beskuldigde in 9/11-saak nie geskik om verhoor te word

‘n Militêre regter by Guantanamo Bay het beslis dat een van die vyf beskuldigdes wat aangekla word van die 9/11-terreuraanvalle op die VSA nie geskik is om tereg te staan in ‘n doodstrafsaak nie. Die beskuldigde, Ramzi bin al-Shibh, is gediagnoseer met post-traumatiese stresversteuring, gepaardgaande psigotiese kenmerke en ‘n waanversteuring. Sy prokureur het lank beweer sy kliënt is deur die CIA gemartel. Al-Shibh sou Vrydag voorverhoor verrigtinge in die gesig staar. Kolonel Matthew McCall het die bevindings van die dokters aanvaar wat in Augustus gesê het dat al-Shibh te sielkundig beskadig is om homself te verdedig.