120 waterpompe by gemeenskapsboorgate gesteel

Die vandalisme van landbou se infrastruktuur, veral die om water aan gemeenskappe te voorsien, duur voort. Daar word berig dat 120 pompe by boorgate in en om die Oshana- en Omusati-streke gesteel is. Die landbouminister, Calle Schlettwein, het onlangs weer gemeenskappe in landelike gebiede gevra om water-infrastruktuur te beskerm. Sy aanmerkings het gekom na meer as 180 miljoen Namibiese dollar in verskeie streke deur die regering op water infrastruktuur vir kommunale boere en gemeenskappe bestee is. Vandalisme van die toerusting is algemeen en in sommige gevalle, word dit in ‘n kwessie van ‘n week gesteel of aspris gebreek.