Sunak se uitstel van klimaatdoelwitte kom teen ‘duur prys’

Reaksie word ontvang op die aankondiging deur Britse premier Rishi Sunak dat sekere klimaatdoelwitte uitgestel sal word. Sunak sê die besluit is geneem om huishoudings verdere ekonomiese druk te spaar. Sekere aanpassings sou ingevolge die doelwitte gemaak moes word. Maar, volgens Chris Stark van die Britse Klimaatsveranding-komitee, kom uitstel teen ‘n letterlike duur prys.